Ching Chong Tjonkie
En hier is die tyd nou - ons groet Korea (en ons goeie vriend; die Alien kaart) Korea jy het vir ons die grootste adventure van ons lewens gebied en daarvoor sal ons altyd dankbaar wees, maar vat nou jou koue en maak ander mense koud, want ons is op pad terug huis toe!!
Ek het nounet gedink, as ons ooit Korea mis kan julle ons net na Helga’s toe vat en ons so rukkie in die vrieskaste sit en dan sal ons weer oor Korea wees :) hehe.
Dasy, ‘n jaar (en twee weke) op sy rug. Dankie, thank you en kahamsahamnida. En hiermee groet ek ook die blog :( :( :( Ek gaan jou mis!
Danelle het saam met haar verloofde, Christo Bosch besluit om ‘n jaarlange-avontuur saam aan te pak en klas in Engels te gee in Suid-Korea. Die onlangse dreigemente uit Noord-Korea het haar ‘n hele paar benoude oomblikke verskaf. Sy skryf in ‘n brief, ’n Benoude ma, ’n rustige verloofde of ’n dreigende Noord-Koreaan. Wie glo jy?, oor hierdie naelbyt-ervaring.Die laaste maand as Suid-Afrikaanse onderwyser in Suid-Korea was nie altyd maklik nie. Dit het op 25 Februarie 2013 begin met die inhuldiging van me. Park Geun-hye as die nuwe president. Sy het haar ampseed afgelê en is met ope arms deur die Suid-Koreane as hul nuwe president toegejuig. Elke koerant, TV-kanaal en plakkaat teen ‘n lamppaal het haar verwelkom. Omdat alles in Koreaans is, kon ons buitelanders geen berigte verstaan of die nuuskanale volg nie – maar dis niks nuuts nie. Ons het darem al elf maande se oefening gehad om aan hierdie “outsider-lewe” gewoond te raak.
En toe begin die dreigemente deur die nuwe, jong Noord-Koreaanse leier.
Met twee en ‘n half weke van ons jaarkontrakte oor, word ons gedwing om besluite oor ons lewe en ons eie veiligheid te neem. Wat dit veral moeilik gemaak het, was die onsekerheid en die uiteenlopenede boodskappe wat ons uit verskillende oorde ontvang het.
Ons sien geen verandering in die Koreane se daaglikse roetine rondom ons nie. Die skole gaan voort. Alles verloop klopdisselboom soos voorheen. Die logiese redenasie is dat dit jou veilig moet laat voel. As hulle nie bang is nie, hoef jy ook nie bang te wees nie. Maar dan kry jy op jou selfoon waarskuwings via BBC dat alle buitelanders moet evacuate.
Die media het dit ook reggekry om my ma-hulle, wat 12 477 km van my af sit, paniekerig te maak. Met elke nuwe brokkie inligting is ek in die middernagtelike ure wakker gebel en aangeraai om huis toe te kom. Wat die hele tyd deur my kop warrel, is: “Dis my ouers, hoekom sal ek nie vir hulle luister nie?”
Dan vra jy rond: “Wat doen ons as Kim Jong-oen besluit om wel ’n kernoorlog te begin? Waarheen vlug ons as mense rondom ons begin skuiling soek? Sal ons die noodseine kan verstaan? Watter nuuskanale is akkuraat en betroubaar?” Ek het my Koreaanse kollega om raad gevra en elke keer ’n onbevredigende driewoord-antwoord ontvang: “Danny, we safe”, “This is normal”, “Sure, don’t worry”. Hulle antwoorde moes my eintlik kalmeer, maar het die teenoorgestelde uitwerking gehad. My Amerikaanse vriende se siening was: “We will wait for further instruction from our embassy. They haven’t given us the green light to evacuate or seek shelter.”
Ek slaap vir omtrent ‘n week nie, want die Suid-Afrikaanse ambassade in Seoel se webwerf is nog nie opgedateer sedert 2009 nie. Daar is geen inligting rakende ons veiligheid of planne om Suid-Afrikaners te ontruim sou daar iets gebeur nie. Hulle weet nie eers ek sit in Suid-Korea nie.
Terwyl my foon elke vier sekondes vibreer met ‘n nuwe BBC-waarskuwing, word elke paar minute toere na die Demilitarized Zone tussen Noord- en Suid-Korea (DMZ) gereël. Groepe Koreane en buitelanders vertrek daagliks na die DMZ om foto’s te neem en in die “oorlogstonnels” rond te loop. Ons agentskap laat weet dat ons veilig is (nadat ek ’n noodnavraag aan hulle deurgegee het). Dit maak net nie sin nie. Ek kry waarskuwings en benoude oproepe van my ouers, so wie glo ek? Ek ken hierdie omstandighede GLAD NIE!
Dinsdag 9 April om 16:35 ontvang ek die volgende ontstellende nuus: “North Korea: Foreigners should evacuate South Korea.” Steeds sê my Koreaanse kollega geen woord oor hierdie hele affêre nie. Ek besluit om nie kanse te vat nie. Niemand anders kan my van my veiligheid verseker nie. Ek pak my tasse en besluit om die volgende oggend Goensan toe te ry. Ek bly in Intsjeon, reg langs Seoel en heeltemal te naby aan die grens tussen Noord- en Suid-Korea! Goensan is heel suid en ook waar my verloofde, Christo Bosch, bly en skoolhou. Daar’s volgens News24 en BBC twee datums gegee wanneer Kim Jong-oen moontlik sal kan aanval: Woensdag 10 April en Maandag 15 April. Terwyl ek in die bus sit, siek van onsekerheid en benoudheid, stel ek my werkgewer in kennis ek gaan nie die volgende dag skool toe kom nie, en dat ek beplan om in Goensan te bly tot die volgende Maandag.
Woensdag gebeur daar niks, en nadat ek rustiger geraak het, pak ek die busrit terug aan en is 11 April terug by die skool. UITEINDELIK word ek ingeroep en word die hele situasie aan my verduidelik. Die Koreaanse onderwyser wat die vertaalwerk doen, verduidelik hoe die Noord-Koreane sy bure Suid-Korea al jare lank dreig. Hoekom hulle nie hierdie gesprek twee weke gelede met my kon hê nie, gaan my verstand te bowe.
Maar nou weet ek: Noord-Korea dreig – dis wat hulle doen. Elke vier jaar, wanneer Suid-Korea ‘n presidentsverkiesing het, begin Noord-Korea met hul dreigemente. Nie ‘n enkele Koreaan reageer of neem hierdie dreigemente ernstig op nie.
So, volgens my, sodra jy die nuuskanale se apps op jou foon verwyder, is daar geen gevaar vir enige Suid-Afrikaner of buitelander in Suid-Korea nie. En ek is verseker AS daar enigsins gevaar sou wees, sal die Suid-Koreane in elke taal moontlik ontruimingsplanne deurgee. Ons vlieg môre terug Suid-Afrika toe met vrede in ons hart en ‘n opwindende amper-oorlogstorie om te vertel.
Ons heel laaste dag in Gunsan (dit voel nog steeds flippen snaaks om dit actually te kan tik) Christo het my laat stap asof ek opwarm vir die volgende week se Otter. (Ek weet nie of hy my wil uitput vir môre se vlug nie, maar hy het defnitief ‘n verskuilde agenda want ons het moer ver gestap hehe)
Ek weet nie hoekom het ons nog nooit op hierdie AWESOME stukkie natuur afgekom nie (wel eintlik weet ek hoekom, want NIEMAND het al ooit so ver op een dag gestap nie) maar nou dat ons hier was, is ons laaste dag sommer nog meer perfek.
En toe gaan ons op die laaaassste moontlike naweek GREEN TEA FIELDS toe. Ek het dit geloooooooove! Dis groen, en mooi en groot en perfek vir die laaste naweek in Korea – mag ek dit net weer sê; VIR DIE LAASTE NAWEEK IN KOREA!
Ons was 5 wat saam een van Christo se maats, Brett gery het. Die knaap het vir hom ‘n kar gaan staan en koop net nada thy sy kontrak vir die tweede jaar hernu het. Dis ‘n redelike groot kar waarin 6 mense gemaklik kan sit, vir ‘n skamele R13 000 – not too shabby hey Nigel? Hehe
Ons het groot maats gemaak met Brett se GPS, kyk die dingetjie het ALLES met ons gedeel; “In 200meters be careful, in 100meters be careful 70meters be careful – ons het lateraan so flippen versigtig gery dat ons omtrent stilgestaan het. Sy (die GSP) het ons selfs leiding gegee net voor ons ‘n tonnel ingaan “in 50meters enter the tunnel” so asof ons nou ‘n knoppie kon druk: BATMOBILE, FLY!” en oor die tonnel vlieg, obviously gaan ons deur die tonnel ry! Maar die heel beste deel van alles is dat die GSP in Koreaans is, so ons kan nie die “be careful” gesprekke verwyder of net darm mute nie!
Ons arriver by die green tea velde en die eerste ding wat ons doen is om ‘n green tea roomys aan te druf, ek’s nie ‘n groot fan nie, maar die ander het dit nogal geniet. Ons hap toe gou middagete en is gereed om die miljuisende trappe aan te pak. OH BESTE DEEL VAN ENIGE TRAPPE IN KOREA, is dat jy Kawi Bowi bo moet speel om ‘n trappie te mag opskuif. So ons 6 speel toe vir die eerste 20 trappies rock scissor paper (toe is ‘n uur omtrent vebry) en raai wat Christo was die wenner WAHOOOO FIGHTING!!!
Nou sal ek die foto’s die praatwerk laat doen. DIs onsaglik mooi!!!! Daar is donker maroon Maple bome wat dwarsdeur die jaar dieselle kleur bly. EK het ‘n blaar probeer steel om hom in Suid-Afrika te kan kom plant, maar toe waai die rakker uit my hand uit hehe.
“Dis heerlike lente, die winter’s verby…” Nes ek gedink. Die HEEL laaste week wat ons in Korea is, besluit die son dat dit nou tyd is om uit te kom. Kon hy dit nie maar so maand en ‘n half terug belsuit het nie?
Ek het vir ‘n splitsekonde gevoel of ek in Holand tussen die tulpe ronddans - en toe hoor ek ‘n Koreaan kliphard in my ore skree! Daar is min dinge so mooi en so lewendig soos kleurvolle blomme rondom jou - ek kon heeldag daar staan en die blomreuk opreuk, oh wag ONS HET HEELDAG DAAR GESTAAN EN DIE BLOMREUK OPGERUIK, want sodra ons sewe treë aanstap is daar is stalletjie wat klein swart bewers gaarmaak so ons beste bet was maar om by die blommetjies te staan totdat die bewerman op lunch gaan :)
Ons laaste kennismaking met die Cherry’s en Incheon se lantern-behangde park (Budda wil mos nou weer verjaar, so die hele Korea begin weer hulle lanteringtjies uitpak en ophang - ek kla nie, dis beautiful!)
Goodbye crazy-ass Korean monkey friends - I will miss you!
PS it’s in English so you can read it! :)
I will miss our “come dine with me” dinner dates - I don’t know if i’ll miss the fire blazing event at Lunga’s, but everything else hehe. I hope you never win another Korean Scavenger Hunt, CAUSE that way you will never forget our AWESOME balooon-clinging team!
Remember to hang on the railings in the train, take photo’s with couple T-shirts, drink Soju till your body asks for mercy, buy cheap handbags and bloody hell just eat that live octopus!
We’re flying out tomorrow - but Maggie, Sophie and Lunga, you are flying first class in my heart FOREVER!!!! Love you
Ek kry sommer ‘n knop in my keel soos wat ek (een van my) my laaste bloginskrywing tik. Gewoonlik is ek ‘n rakker as ek voor die rekenaar sit en skryf alles waaraan ek kan dink, maar ek weet wragies nie waar om te begin nie (dis soos om Wally op ‘n double spread bladsy te probeer soek, jy weet jy moet iewers begin, maar aarde daar is net soooooooooooooooooooo baie mannetjies)
Hoe som mens ‘n jaarlange crazy-ass adventure op?
DIS HOE! (begin by die begin, en skryf tot jou vingers nie meer kan nie)
Ek begin met ‘n aanhaling van die blog-begin; “So ek weet ek het (heel parmantig) in my vorige brief geskryf dat ek ‘n blog gaan begin – wat wel my intensie was, maar toe duik daar ‘n paar probleme op:
Eerstens ek het nog nie (#1)internet by my huis nie, maar DIS OKAY, dan kry ek internet, O WAG, ek kort ‘n tellefoonnommer om vir internet aan te kan sluit so DIS OKAY dan kry ek ‘n (#2)foon, O WAG, ek kort ‘n (#3)ARC kaart, maar DIS OKAY ek kry dit oor 5 dae, O WAG dan kort ek iemand om saam te gaan sodat hulle die kontrak vir my kan lees en co-sign (want hulle het ‘n foonnommer hehe) DIS PERFEK dan maak ek ‘n (#4)koreaanse maatjie, O WAG ek kan nie koreaans praat nie en hulle verstaan my nie!! DIS OKAY ek het ‘n nuwe plan, ek sal in my afperiodes by die skool ‘n blog probeer begin, O WAG dis alles in koreaans en EK KAN NIE FLIPPEN KOREAANS LEES NIE!!!! Soos julle agterkom, is dit nie noodwendig ideaal om nie (#5)koreaans te kan praat nie! J”
#1 So na tien maande tjop ek vandag my onsettend-super-vinnige internet, (sad sad day.) Ek dink dit kan dalk die ding wees wat ek en Christo die meeste van Korea gaan mis. Ek weet nie hoe mens teruggaan na videos wat moet buffer of flieks wat jy nie kan aflaai nie. (Darem het ons die laaste paar maande die Koreaanse internet geeet en ALLES afgelaai waaraan ons kon dink. As jy aan ‘n fliek dink, het ons hom tien teen een afgelaai. Hehe. Suid-Korea het die tweede vinnigste internet in die wêreld, net treëtjie agter Hong Kong China.
#2 Darem hoef ons nie vir ons galaxy’s ‘n farewell partytjie te reel nie. Hulle kom saam. Dit sal my Galaxy se eerste keer in Suid-Afrika wees, so begin maar vroegtydig met die maak van banners en verwelkomkaartjies hehe. Ek weet nie of ek happy is en of ek swaar gaan kry nie, maar soos wat ons op die vliegtuig sit, delete ek en Christo sowat 19 Apps op die foon wat ons sekerlik nie weer in SA gaan gebruik nie (eerstens omdat ons nie WiFi orals het nie, seker nou net weer in Mug&Bean, en tweedens (dis seker meer belangrik) hoekom ons nie treine het nie hehe.
Ek het ook nog nie lekker uitgefigure of dit die Weather App is wat goed is nie, en of is Korea se weervoorspelling net so bleddie goed nie, maar die feit van die saak is, dat as my foon se dit reen oor 7 min, dan reen dit oor 7minute.
#3 Ek en my ARC (alien card) word geskei van mekaar, so tragies en onpersoonlik. Ek hoop maar hy kry ‘n goeie gesin L Dit is vir my nog steeds ‘n bietjie snaaks dat hulle dit ‘n ALIEN kaart noem, REGTIG KOREA, ‘n ALIEN KAART??!! Die koreane het ’n Identity card en ons foreigners het freakin Alien cards, nice hehe. Laat ek eers reflect op my en my alien kaart se verhouding. Hierdie outjie was ‘n trooper, hy was die oorsaak van VELE afslag kopies, ons het halfprys geski, geswem, ge-merry-go-round en alles te danke aan my Alien Kaart. Hy het ook gemaak dat ek en Christo aan caviar en duur sjampanje smaak in ‘n besigheids seat op die vliegtuig vanaf Hong Kong terug Korea toe. Thanks buddy!!
#4 En toe het ek op die ou end ‘n paar maats gemaak. Van die 28 foreign teachers waarmee saam ek orienteering gehad het, bly 26 van hulle vir ‘n tweede jaar (of langer) in Korea. Yup 26!!! Ek kry hulle jammer, want dit beteken net een ding HULLE HET NIE SULKE FANTASIESE FAMILIES EN VRIENDE WAT HULLE UIT HULLE BREIN UIT MIS NIE!! Net ‘n vinnige her-aanhaling van my vriend Colm “Is African the same as Afrikaans? “Yup, exactly like England is the same as English” idiot. Hehe. Ek gaan dit mis om mense van Suid-Afrika te vertel (of wag, ek gaan dit mis om goed op te maak oor Suid-Afrika wat ek vir die mense kan vertel!) Maar die ding wat ek die meeste sal mis, is hoe ek Suid-Afrika mis. Dit klink dalk vreem, maar terwyl ons hier gebly het, verlang ons na al die goeie goed van Suid-Afrika. Ons verlang na die “pannekoek as dit reen”, “SOKKIE en afrikaanse musiek” en “rugby met biltong, peanuts en rosyntjies” en mens vergeet van die dinge wat partykeer mens se vrede en veiligheid in Suid-Afrika steel. Ek wens my liefde vir Suid-Afrika bly vir altyd in my hart.
#5 As jy Koreaans kan praat beteken dit een van vyf dinge – 1. jy is ONSAGLIK honger en is uitgeeet aan die drie restuarante wat prentjie-menu’s het, so jy leer koreaans om kos (wat eetbaar is) te kan bestel. Dit vat darem vrek vinnig om vir hierdie rede Koreaans te leer want daar is ook net soveel kosse wat “naam-leer-waardig” is. 2. Jy wil begin shop, en dit irriteer die wit waks uit jou uit dat daar NERENS ‘n flippen prys op ENIGE iets is nie, so jy wil net vra uhl-ma-hye-jo? (hoeveel kos dit?) net sodat jy weer in Koreaans “Nee dankie” kan se. Hehe. 3. Die derde rede is ‘n tricky ene – jy leer koreaans om genoeg te weet van die taal vir wanneer jy huis toe gaan en mense vra of jy darem die taal geleer het, dat jy ‘n paar sinne kan gooi totdat julle na die volgende gesprek beweeg hehe. 4. CLASSROOM MANAGEMENT need I say more. Ek dink nie jy kan eintlik sonder koreaans klas gee nie. “sit, sit stil, moenie op die bank staan nie, bere jou spieel, don’t fight, asb moenie huil nie (daai sin leer jy sommer al op die vliegtuig Korea toe, want jy gebruik dit BAIE,) moenie mekaar byt nie, asb moenie jou hare kam nie… oja en dan leer jy ook die taal sodat jy weet wat die kids van jou se terwyl jy klas gee – hulle freak uit as jy reageer IN KOREAANS op wat hulle nou net vir die maat gese het. 5. Dan leer jy Koreaans vir die enkele doel om vir die volgende jaar vir almal wat in Suid-Afrika verjaar Veels Geluk Liewe Maatjie in Koreaans te kan sing!!!!!! As jy Christo is, geld hierdie 5 redes natuurlik nie vir jou jou, want as Christo flex dan verstaan ALMAL. Heheh
Ek het ’n paar “useful tips” in ‘n boek begin skryf vir die volgende foreigner wat by my oorneem - Ek het sopas uitgevind die man se naam is Tom. Hallo Tom. Ek het goed neergeskryf soos hoe om by die skool te kom (hoe jy nie moet dink hulle sê rabbit i.p.v rapid nie) waar ‘n Homeplus is, hoe die water en elektriesiteit werk, met watter onderwysers moet hy maatjies maak en dat hy nie moet verwag dat iemand met hom gaan praat vir die eerste 6/7 maande nie…maar die beste sin staan heel onder aan die laaste bladsy en al wat dit is se is: “GOODLUCK” (in ‘n russiese aksent!)
SKYPE SKYPE SKYPE – dankie vir elke siel wat my en Christo ge-entertain het oor skype, dankie vir my sussie wat ELKE LIEWE keer iets lekkers moes eet as ons met haar skype (jy’t ons onwillekeurig sterk gemaak hehe) Dankie vir my ma wat so nou en dan die honde opgetel het sodat ons hulle verwarde gevrete kon sien as ons vir hulle hallo se. Dankie vir die HELE Bosch familie wat omtrent elke naweek saam geeet het en dan ‘n tydtjie ingewikkel het om ons voor in die TV kamer op die ipad uit te stal. Ek gaan dit mis om so hard as moontlik “hallo oom Mike” in my Koreaanse kamertjie te skree. Dankie vir my ongeloooooflike crazy monkey maats wat na ons huis gery het om daar met my (3uur die oggend) te skype. Dankie pappa vir elke middag se inloer en hallo-se oor skype. Thanks aan Chirtso se buddies wat ons oor naweke geskype het, sonder julle oproepe weet ek nie of die man dit sou maak nie. Rupert dankie vir die inpop en hartsgesprekke (horie ons het diep dinge gepraat oor skype hehe) Dankie aan my liewe moeder wie se hart die nie sou hou as dit nie vir skype was nie (nie asof myne sou nie) Ek weet nie wat ons sou doen as dit nie vir julle almal se gesiggies aan die anderkant van ons rekenaarskerms was nie. Ek het oor skype kosgemaak (dankie mamma en pappa) ek het oor skype troue gereel, ons het oor skype tupper gekoop, so eintlik wat ek wil sê is dat skype baie na aan ons harte lê! Dankie dankie dankie (en net omdat ons nog in Korea is) KA-HAM-SAHAM-NI-DA (dankie in Koreaans)
Ek weet sommer voordat ek die volgende stuk begin tik, dat my vingers my moontlik gaan probeer opgee vir aanneming (as hulle dit kon doen) want hierdie gaan harde tikwerk verg. Jammer vingertjies. Ek skryf sommer ‘n sin of twee oor die hoogtepunte (en partykeer die laagtepunte) van ons jaarlange Koreaanse lewe.
April – (meer soos April fools)
Ek het die 24ste April geland en het dadelik met orienteering (in die fantastiese en luukse Harbor Park Hotel) begin – as koreaanse kos maar net soos daai hotelkos geproe het. Dink julle self vinnig in, watter prêt 28 jong studente in ‘n huge hotel (wat net vir ons uitgebook is) kan hê…fun awaits around every corner. J 29 April is ek ingesettle – okay wag, ingesettle is ‘n sterk woord, meer soos uitgepak, in my nuwe huisie. My klere is uitgepak, ‘n paar foto’s is teen die muur geplak en ek’s reg vir my eerste skooldag – en toe tref dit my EK IS ‘N ENGELSE ONDERWYSER IN KOREA wat de hel het my besiel!!!! Kyk ek het daai eerste paar aande my kussing goed natgehuil (jammer julle hoor dit nou ma en pa, maar ek weet as julle toe geweet het, sou julle harte dit nie gehou het nie) Ek was honger en alleen en het seker elke dag verdwaal. Niemand het met my gepraat nie en alles was vreemd. (not a good start)
Maar toe kom Christo. Hallo verloofde! ♥ Sholsh het gesien hy moet ingryp en ons het begin plekke scout waar ek kon eet, ons het elke naweek die pad skool toe gery sodat ek nie in die week kon verdwaal nie, maar die beste van alles is toe hy sy tas oopmaak toe loer qwacky (my favourite wit en geel soft toy eend) vir my – defnitief ‘n ‘aaaaaaah moonlik’ – en toe begin ons Korea explore. Ons het trein gery, bus gery, in wolmido by slides afgegly en die vreemde Koreaanse kultuur probeer begryp. Mei was die maand waarin Budda verjaar het (geluk hoor) en die hele korea met lanterns bedek is. Mei is ook die maand waarin ons ons eerste “fake” snowbaordervaring gehad het (en ek amper my wip se ribbekas vergruis is – ek hou nog steeds by my storie dat hy voor my ingeski het, maar mens sal ooit weet wat regtig gebeur het nie… hehe) Mei is die maand waar alles begin het (en Mei is die maand waarin ons nou groet :)
En toe pop my mô en pô in Korea op. Eers vang ons hulle in Hong Kong en toe verken hulle Korea verder saam ons. Ek is amper seker my buurvrou of buurman (ek weet nie wat hy/sy is nie) kon my hart deur die mure hoor klop van opgewondenheid die week voor ek my ma en pa sou sien. Ons het eers in Hong Kong verdwaal en net so onder n uur buite in die hong Kong strate gestap opsoek na ons hotel, maar toe ons hom uiteindelik kry, en ek sien my pa in die lift staan TOE FREAK EK UIT. My ma staan toe nog by die busstop (waar ons eintlik moes afklim) en wag dat ons opdaag. Ons het omtrent Hong Kong platgeloop – ons het ALLES gedoen – hulle sê jy’t ‘n goeie week nodig om Hong Kong en al sy glorie te beleef (wel nie as jy ‘n Kritzinger is nie, want ons het dit in ‘n naweek ingewerk) ons is Budda temple toe (let wel terwyl daar een of ander sikloon besig is om ons weg te waai), gery in die langste kabelkarretjie in die wêreld, die Symphony of Lights gekyk. Gestap gery, geeet en alles van Hong Kong ingeneem! Ek probeer dink hoe om ons hong-korearaanse belewenis saam my male op te kan som, maar al waaraan ek nou kan dink is dat ek hulle oor 5 dae weer gaan sien!!! Laat ek sommer nou die geleentheid gebruik om vir Tuks dankie te sê dat hulle my pa vir ‘n kongres Suid-korea toe gestuur het en dat my ma ‘n tag-along kon wees, want sonder daardie kuier sou ek ten teen nie ‘n wrak van verlange gewees het. [ek is soooo lief vir julle]
Ons was nie ‘n volle maand op ons eie, toe tannie Daleen en Oom Mike saam ons Baby Shoes (eintlik Baby Chux’s) in Korea verorber het nie. Ons het onder die strandsambreeltjies in Busan gelê, ‘n baie swak dolfynvertoning in Seoul Zoo gekyk en die Namsang Tower (Seoul Tower) saam die twee ouer Bosche in die reën aangedurf.
Kyk toe sit ons al in Septemeber. Vyf maande in Korea en ons leef nog, ek weet nie of ek dieselle sou kon sê as dit nie vir ons ouers was wat die tyd kom korter maak het nie! Ek moet dit net sê (want dit was ‘n groot irriterende oomlik in ons Koreaanse lewe) September is die maand waarin Gangnam Style uitgekom het en ALLES en ALMAL soos losers laat dans het (hehe) As ek dit nooit weer hoor nie, sal dit te vinnig wees hehe.
Oh oh oh amper vergeet ek om weer te noem dat ons WENNERS van die Incheon Scavenger Hunt was – ons spannetjies was LEGIT, ek Shlosh, Sophie, Maggie en Alex! Ek dink ons moet so dink in Pretoria hou, dit sal SUPER awesome wees, so maak solank spannetjies!!
‘n Maand of twee gaan verby en toe RAAI WAT kom kuier my ma weer vir my. Hoe kan een mens so flippen lucky wees. Ek dink Korea het geweet my ma kom kuier, want hulle het ‘n lantern feed gereel vir die eerste naweek wat sy haar voete in Korea plant (ps my ma vrek oor lanterns en liggies!) so daar pikkel en my verloofde en my awesome moeder Seoul toe om saam die liggies afgeneem te kan word. Ek en my ma is weer Seoul tower toe en het behoorlik ons shopping in Time Square ingekry. Maak nie eintlik saak wat ons twee gedoen het nie, die feit dat ons saam was was FANTASTIES.
Dan kom ons by die weer, want dis net hier waar dit toe begin koud word. Ek dink Alaska is ‘n fulletjie teen Korea se koue. Ek het met tye afgekyk na my hande en in spieels gekyk na my neus net om seker te maak of hulle nog daar is (want dis nie asof jy hulle kan voel nie.) Ek het so rukkie terug op my blog genoem dat ons al vir 6 maande winter het, maar dit ‘n jokstorie (soos wat my graad 1’s sal sê) want ek het daardie blogpost ‘n maand en ‘n half teruggeskryf EN DIS NOG STEEDS NIE WARM NI!!!!! Dit gaan seker die dag wat ons vir 5ure in die bus sit op pad lughawe toe, moer warm wees J OBVIOUSLY!
Ek moet sê, ek het baie goed in die winter agterkom, wat ek defniteif nie in Suid-Afrika sou kon leer nie. 1. As jy mooi lyk KRY JY NOG NIE KOUD GENOEG NIE want as daar mense is wat mooi aantrek, is dit die koreane (die klomp wat nie tekkies dra nie) maar glo my, sodra dit koud word, is dit ‘n ander storie. Kyk dan worry jy nie of jou sykous by die kleurskema van jou serp en jou eyeshadow pas nie, nee dan trek jy ALLES aan wat oor mekaar kan pas. Dis jasse en musse en serpe en enige iets wat “lyk” of dit jou gaan warm hou.
Die tweede ding wat ek moes leer is dat sneeu flippen mooi lyk terwyl dit val, baie mooi foto’s maak terwyl dit op jou le EN JOU PAPSOPNAT maak 4 sekondes na die foto – nie iets wat hulle in die flieks vir ons wys nie – jy kan net sowel ‘n snowangle in water maak, jy gaan dieselfde daarvan afkom. Oh wag, amper vergeet ek van die somer. So koud soos wat ons (en ons gevriesde ledemate) gekry het, so warm wil ek nooit weer in my lewe kry nie. Dis nie Suid-Afrika hitte, of Durban humiditeit nie, nee, ‘n Koreaanse-somer speel alleen in hul eie ligga. Dis (vloekwoord) warm. Ek het middae teruggekom, ‘n koue stort gevat – die deur oopgelos sodat ek my waaier op die rand van die badkamer kan balanseer, want na alles wat ek probeer het, was dit die beste opsie. En dan mag jy natuurlik nie jou flippen skouers wys nie, wat beteken: jy KOOOOOK maar jy dra nog jou truitjie oor ‘n afmouhempie BE-LAG-LIK (ek moes dit in lettergrepe sit, want dan lees dit meer BE-LAG-LIK!!!)
Terug by die winter. Die kouete het ons darem BAIE pret verskaf, as dit nie was vir klein hondjies wat met fur jassies verby my wip nie, was dit die witsneeuflokkies wat ek op pad skool toe met my tong probeer vang het (ja ja ek was een van daai) Maar die ultimate winter-madness was die feit dat ons kon SNOWBOARD – as ek ‘n jaar in Korea moes bly en nooit uit my huis uit mag gaan nie, behalwe vir die snowboard trips, was Korea nog steeds die moeite werd. (Ek’s nou nie seker nie, maar dit kon ook gewees het omdat ons beste buddy en die Bosch gesin/niggie dit saam met ons gedoen het) Maar nodeloos om te sê SNOWBOARD is die mees fantastiese sport wat nog ooit uitgedink is. Ek weet nie van die ander nie, maar ons twee koreane is gehook! Ek sal enige dag koue verkies, as dit beteken ek kry koud op ‘n skislope! So oor 5 dae vertrek ons uit die koue na die ‘koue’ (maar soos ek se, ek dink hierdie gaan ons eerste Suid Afrikaanse kortbroek- winter wees!)
DIE TAAL
Ek kan vir ‘n hele ruk doen sonder Engels. Ek wil nou in Afrikaans gegroet word, kliphard saam Kurt Darren in die kar sing, ‘n bord langs die pad lees in Afrikaans; iets soos “R5 ‘n sakkie nartjies” ek wil ‘n storie vertel wat langer as 4 minute lank is. Oh en dit sal dan lekker wees as iemand terugpraat J Ons wil in Afrikaans kerk toe gaan en gegroet word deur die omie wat die blaadjies uitdeel. Ek wil sokkie in Afrikaans. Ek het Afrkiaans in my lewe nodig, wag ek verander my sin, ONS HET MENSE IN ONS LEWE NODIG WAT AFRIKAANS PRAAT J
Net so ietsie on the side. Ek waarsku julle nou al – bewaar jou siel as jy my ooit antwoord met ‘n “sure”!!!!
Ek het voorheen genoem dat ons bly sal wees om ENIGE Suid-Afrikaanse kos te eet, maar sal julle (enige iemand wat dalk in die volgende jaar vir ons kos gaan aanbied) tuna van die lys afhaal. Ek en tuna was nog altyd maats en as dit nie vir tuna was nie sou ek dit dalk nie gemaak het nie, maar my kwota tuna is geëet. So eet maar die tuna-brootjie of tuna slaai of tuna voorgereg voor ons by julle kom kuier J hehes
Ek het gedink om n bladsy te skryf oor Rupert, Francois, Marina en Sunelle se kuiers in Korea, maar ek sal nie by ‘n bladsy kan hou nie. So nou prop ek maar hulle kuier in ‘n kort paragraaf – al wat ek eintlik wil sê is DANKIE. Dankie dat julle kom kuier het, dankie dat julle korea saam ons beleef het en dankie vir die herinneringe wat baie na on sons harte lê. My hande bewe sommer van dankbaarheid (as dit ooit kan gebeur) vir julle en almal wat vir ons kom kuier het. Terwyl die ander mense in Korea hulle families gemis het, het ons sin omtrent elke maand vir ons kom kuier. Dankie dankie dankie
Ek kom met ‘n tand minder, ‘n m**rse eetlus en ‘n onsettende waardering vir familie en vriende terug huis toe. Ons twee het geleer wat dit beteken om op ons eie voete te staan en mekaar lief te hê 4 en ‘n half ure uitmekaar. Ons het busgery, trein gery, gestap, ‘gefiets’ gevlieg, maar op die ou end maak nie dit saak waarheen ons stap ry of vlieg nie, solank dit saam mekaar is is dit al wat omgee.
Ons het nog die Green Tea fields wat die naweek vir ons voorlê en dan is die huis toe met ons!!! Wa-flippen-hoooooooo!
Was dit nou vir jou pret. Ek het sowat 12minute (van die 40minuut periode) klasgegee en die res van die tyd het ons afgestaan vir fotosessies. Ek moes saam elke kind ‘n foto neem, saam elke klas pose vir ‘n foto en saam elke “click” in graad 6 staan vir n foto. Dit was eintlik so cute. Elke liewe kind in graad 6 het vir my ‘n briefie geskryf (ek voel sommer sleg dat ek nie eintlik van hulle gehou het nie hehe) die een outjie reken dat ek met sy briefie in die aande moet slaap, want hy gaan my mis! aaaagh sweet. Ek het ‘n paar soene gekry, blomme, briefies, ‘n selfgemaakte ring en elke liewe origami voeltjie, blommetjie, hartjie, huisie en dinasour waaraan mens kan dink met ‘n briefie op.
Aan die einde van elke klas het die kaptein vorentoe gekom en die klas se briefies aan my oorhandig (nogal mooi toegedraai met ‘n lintjie) die laaste klas se kaptein stap vorentoe en se: “Teacher I am captain” Ek besluit toe om saam te speel en gaan op my kniee en se “oh Captain my captain” terwyl ek my hande uithou vir die briefies (ek was mos op my dag ‘n dramastudent hehe) KYK TOE IS DIT SPORTS. Die knaap besluit dat dit tyd is om my te KNIGHT (met ‘n bordborsel) as The best English teacher at SeoHeung Elementary. Toe hou hulle eers ‘n mini serimonie (in Koreaans) vir my omdat ek nou geKNIGHT is. BESTE DAG OOIT!
Dit is nie net ski-oordmense en Homeplus werkers wat moet opwarm nie, NEE almal moet opwarm. Die kinders, die onnies, die hoof - ALMAL moet opwarm
Dit is hoe dit in Korea gedoen word, haha. Christo kry so skaam as ek hierdie mense afneem, maar hoe anders gaan julle glo wat ek julle vertel :)

Tannie Elsabe het lekker gisteraand gespot, maar raai wat is die eerste woorde wat ek vandag hoor toe ek by die skool aankom “Danny, teacher’s dinner Thursday okay?” Ek sal nie verbaas wees as hulle elke dag hierdie week ‘n teacher’s dinner inwerk nie!
Ek het nog net 1 week van my kontrak oor - ek wou dit twee keer tik, maar toe dink ek, ek sit dit liewers in bold :) Die naweek wat kom, is dit huisskoonmaak tyd en da neem ons afskeid van Incheon (en die reuk van Jemulpo)!!!
Ek het nooit vertel van my AARDIGE busrit verlede week terug van Gunsan af nie. Laat Sondagmiddag sien Shlosh my af en wuif totsiens terwyl ek wegry. Laat ek net ook my sisuasie verduidelik. Ek is nie jou beste busryer as dit by die “wakker bly” deel kom nie. Ek kan myself nogal lekker inwikkel en my oe ‘n ruskansie gee…so met dit in gedagte weet ek NOOIT waar ons is nie - ek kan ook nie (soos my verloofde) uitkyk en as ek die groen gebou sien met die geel dak sien, weet waar ons is nie. Anyway, daar ry ons. Ek word wakker so halfpad deur en sien al die mense op die bus is onrustig. Elke nou en dan staan daar iemand op en loer so half vorentoe asof daar iets fout is. Ek weet nie waarvoor om te kyk nie, maar belsuit toe om ook te loer (net om ook cool te lyk) En nee ek het niks gesien nie. Ek bel toe maar my wip en verduidelik dat ek dink daar miskien iets met ons bus fout is - ek verduidelik vir hom waar ons is en hoe dit daar lyk, en toe SHLOSH nie weet waar ons is nie, toe weet ek ons het verdwaal. Ons is in ‘n plaasdorpie en ry op paaie wat eintlik vir trekkers bedoel is. Toe ons weer op die teerpad kom, jaag daar ‘n ander bus van agter af en ry direk langs ons. EN TOE STOP ONS in die middel van die pad. Hier staan ons twee busse langs mekaar in die middel van die pad. Eweskielik maak ons busdrywer die busdeur oop…EN KLIM IN DIE ANDER BUS IN!!!!!!!! JA JULLE HET REGGELEES - TOE KLIM ONS BUSDRYWER IN DIE ANDER BUS IN. En daar sit ons - drywerloos. Kyk toe is die Koreane gatvol - hulle het geskree en beduie en gebel en nog bietjie meer geskree (ek weet nou nie presies waaroor hulle geskree het nie, maar ek kan myself helemal indink dat hulle besig was met nominasies vir wie ons nuwe busdrywer gaan wees. Ek dink die ou twee sitplekke van agter my het gewen, want hy staan toe op en stap vorentoe. Ongelukkig vir hom, klim ons busdrywer toe terug.) Die busdrywer klim terug, se niks en ry verder, ons maar ‘n paar Uturns en daar gat ons - weer op pad Incheon toe.
